|
OORVLOED (abundance) is our Afrikaans sister-site - Here you can spend some time getting very clear about the upcoming year and all that you desire. Once you have identified what you want, go in search of it! Expect it to show up! "Die antwoord is nie om jouself te vind nie. Die antwoord is om jouself te skep!" ... www.oorvloed.co.za "Leef jou verbeelding en nie jou geskiedenis nie." Besoek gerus ons suster-werf ... www.oorvloed.co.za Hierdie is nie sommer ENIGE webwerf nie - hierdie webwerf is radikaal! Hier sal jy nie resepte kry nie, hier sal jy nie kan lees van politieke partye nie en hier is nie kwilt-werk idees te vinde nie - hierdie blaaie is vir die hedendaagse en vooruitstrewende Suid Afrikaner wat in Oorvloed lewe of wil lewe - Oorvloed in ALLE gebiede van hul lewens - lewensstyl, verwantskap, familieskap, vreedsaamheid, rykdom, gemoedsrus, gesondheid en wysheid. Hier kan 'n mens uitvind hoe om die lewe met volheid te omhels en te benader met 'n nuwe uitkyk - die tema is - "Die antwoord is nie om jouself te ontdek nie. Die antwoord is om jouself te skep." Hier gaan ons geϊnspireer word en mekaar inspireer, lekker lag en ons Afrikaanse taal huldig. Hier kan ons die natuur vereer en deur dankbaarheid aan die Heelal ons lewens omskep in iets wonderliks. Leef jou verbeelding en nie jou geskiedenis nie - gister is verby, gedaan, kaput - môre is nog nie hier nie - al wat ons het is VANDAG - NOU - DIE HEDE - en wat jy daarmee gaan doen. Oorvloed, nes suurstof, is vrylik beskikbaar vir ons almal, so besluit vandag om 'n verskil te maak - 'n verskil aan jouself en 'n verskil aan die Heelal. Mag jy jou reistog geniet! MAREE de Wet
|